achtergrond_header.jpg

WORD
DONATEUR!

NIEUWE HORIZON

churchstreet.jpg

Goeie middag Broer Freek, Leo en bestuur. Hoe gaan dit, met ons gaan dit goed? Ek en Selestien sit alles in, om die sentrum en die projekte tot ’n sukses te maak.

Ons werk hard tot die voordeel van elkeen in ons gemeenskap, terwyl ons ook ingedagte hou ons persoonlike lewe as gesin. Hier by die sentrum het ek nie probleme nie, Selestien en ek werk dus hard saam tot die sukses.

Die eerste maande van die jaar het ons baie gekonsen- treer op die besigheidsklas (vakschool). Februarimaand was net eksamens. Ek moes toe 2 eksamens doen met die leerlinge en het vrydag 11 Maart 2016 alles na Seta in Kaapstad geneem. Een leerling het reeds ’n stageplek gekrij vir 3 dae per week by ’n nattuur re- servaat, haar naam is Ashtrid Kiewiets. Sy is baie hard werkend en help my op baie vlakke.

Soos u op die fotos kan sien is ek hardbesig met die projek. Ek wou dit altyd doen en is baie passievol omdat ek die nood ken in ons gemeenskap en veral onder ons jong mense. Hoe groter die projek raak, sal die departement meer betrokken raak met riglyne en ondersteuning.
Ons is so behep met hierdie projek want dit is wat ek en Selestien altyd wou doen en dank die Here dat julle ons visie deel, ek sien mooi dinge vir die projek as almal gaan saamwerk. Ek het hulle boekwerk en inskrywings reggemaak vandag en sommer begin met gereedskap en hoe dit gebruik moet word en hele paar aanwijsings gegee. Jong mense is baie trots en wag om in te skakel.

Ons begin om 10h00. Dan gee ek die dag se plan en gaan ons deur ons boekwerk. Dan begin ons prakties werk en opleiding doen. Ek betrek ook een of twee vry- willige mense wat jare in die bou bedryf was. Na die lunch om 13h00 werk ons die laaste gedeelte van die dag.

Die stand van sake in die opleiding is soos volg:

  • Jong mense wat nog ingedeel moet word is 7
  • Jong mense in bouprojek is 7
  • Jong mense in bakprojek is 6

Ons is bly om te noem dat ons nog op die aantal van 20 jongmense is wat wil leer. Ons glo die getalle sal nog toeneem.
As almal saamwerk, dink ek hier wag nog ’n groter verrassing as verlede jaar in terme van die verande- rings en die harde werk wat hier plaas vind.

Groete aan almal en ek heg u die fotos aan.
Leo aan jou ook, dankie vir die lekker samewerking ou vriend.
Nogmaals dankie

Jannie en Selestien Mozes en die kinders